Leeutjieland NUUS
Visie
Preprimêreskool Leeutjieland streef daarna om trotse, geballanseerde en verantwoordelike landsburgers te ontwikkel;
Hierdie ontwikkeling vind plaas in 'n religieuse, landelike gemeenskap waar meertaligheid beklemtoon word;
Preprimêreskool Leeutjieland streef na finansiele onafhanklikheid;
Preprimêreskool Leeutjieland streef daarna om as die beste Afrikaanse Preprimêreskool bekend te staan;
Preprimêreskool Leeutjieland streef daarna om:
• Elke kleuter verstandelik, geestelik, persoonlik, akademies en psigies te laat groei;
• Kleuters op te voed om goeie landsburgers te wees;
• Kleuters skoolgereed na die Laerskool te stuur;
• 'n Skool te wees met gemotiveerde, gedissiplineerde en hardwerkende opvoeders en kleuters;
• 'n Skool te wees waar die ouers en ander belanghebbendes, as vennote in die kleuters se opvoeding, positief gemotifeerd sal wees om hul beste vir die skool te gee;
• 'n Skool te wees in die gemeenskap vir die gemeenskap;