Laerskool Leeudoringstad

& Pre-Primêr

Laerskool NUUS

 

VOORWOORD:

Gedurende 2012 is verskeie veranderings op en in ons skool aangebring. Die skool is omhein en is nou reeds 90% veiliger vir ons kinders. Daar gaan binnekort 'n elektroniese toestel by die hoofhek aangebring word, wat baie sal help met toegangbeheer.  Die klaskamers is uitgeverf en teëls is gelê waar nodig. Elke klas het ook nou n verwarmer vir daardie koue wintersdae. Die personeelkamer, Leeufeeskantoor, administratiewe kantoor asook my kantoor is uitgeverf, opgeknap en met blinders en nuwe gondyne toegerus.  Die seuns en dogters se badkamers is met groot entoesiasme skoongemaak, opgeknap en uitgeverf, asook mooi gemaak. Die gebou agter in die hoek van die skool is opgeknap en uitgeverf. Nuwe ruite is ingesit en daar is selfs warm water. Die projek is ten volle geborg en heelwat planne word beraam om dit so in te rig, dat dit binnekort vir die skool n inkomste sal kan genereer.

LEERLINGGETALLE:

Ons is dankbaar om te kan noem dat ons getalle drasties gestyg het, vanaf 129 met afsluitting van 2012 tot 154 tans. Ons het ookna die beste van my wete die grootste Gr. 1 klas in jare met 'n leerdertal van 36. Aangesiendie klas so groot is, het ons op versoek van die Gr. 1 ouers, 'n hulp vir Juf. Marelise ingehuur.  Me. Susan Kloppers is haar regterhand en ons wil vir haar dankie sê vir haar bereidheid om te help. 

Al die personeellede is nou opegelei vir die CAPS wat ook hierdie jaar vanaf Gr. 4-6 geimplementeer word. Die stelsel bring die volgende veranderinge mee:

  • Voortaan sal slegs twee eksamens geskryf word nl. JUNIE en NOVEMBER;
  • Deurlopende evaluering d.m.v toetse, projekte, opdragte ens. vorm deel van u kind se rapportpunte;
  • Die eerste drie kwartale tel saam 75% en die einde eksamen tel dan 25% (daar word verwag dat u kind elke dag sy/haar deel moet doen);
  • Evaluering en rapportering vind ookvoorttaan plaas op 'n 7-puntskaal en nie meer die 4-puntskaal nie;
  • Die volgende slaagvereistes geld:

+50% vir Afrikaans;

40% - 49% vir Engels en Wiskunde;

40% - 49% vir twee van die ander vakke;