Laerskool Leeudoringstad

& Pre-Primêr

Nuttige Skakels

Sedert sy ontstaan in 1909 het Suidwes Beherend gegroei in 'n groot en gerespekteerde landboubesigheid, geografies een van die grootste landboubesighede in Suid Afrika, wat diens lewer aan ‘n gebied van 13.5 miljoen hektaar. Suidwes Beleggings Beperk is 'n landbou-beleggingsmaatskappy wat op 16 Augustus 1909 sy ontstaan gehad het met die registrasie van die Wolmaransstad Coöperatieve Landbouw Vereeniging. Suidwes het in die laaste honderd jaar ‘n toonaangewende rol in verskeie areas van die Suid-Afrikaanse landbou vertolk. Dit het ontwikkel van 'n klein koöperasie na ‘n moderne, toekomsgerigte en tegnologies-gevorderde eerstewêreldse landboumaatskappy, wat tesame met sy filiale, een van die grootste landboumaatskappye in Suid-Afrika is. Suidwes Landbou ondersteun die Leeudoringstad gemeentskap en die omgewing met hulle positiewe geaardheid en gemeentskap opbouings projekte.

 

NWET (Network Embedded Technologies) is die Internet diens verskaffer vir Laerskool Leeudoringstad, hulle bied ook talle ander dienste vir die gemeentskap in die Suidwes Landbou distrik. Met 'n groot tegniese span en meer as 38 Torings in die gebed wat Internet dienste verskaf aan besighede en privaat individue, bly ons 'n een van die vooraanstaande Internet verskaffers in die gebied wat kan spog met n 24-huur hulp lyn.

 

 

 

 

Onafhanglike Skole Vereniging