Laerskool Leeudoringstad

& Pre-Primêr

BUITEMUURSE PROGRAMME:  

 TROMPOPPIES

Die trompoppies is die inisiatief van die graad 3 Juf. Lehandri Hough. Sy was 'n trompoppie leerling in die laerskool en Hoërskool, asook het Suid Afrika teenwoordig by die wêreld spele te Birmingham - Engeland (2000)

Lehandri se geskiedenis as Trompoppie leerling:

LAERSKOOL BURGERSDORP

  • 1995 - Graad 4, Troep
  • 1996 - Graad 5, Troep
  • 1997 - Graad 6, Vlag (Junior Noord-wes kleure)
  • 1998 - Graad 7, Hoofleidster

HOëRSKOOL LICHTENBURG

  • 1999 - Graad 8, Stokmeisie & Suid-Afrikaanse kleure (verantwoordelikheid: Stigting van Trompoppies)
  • 2000 - Graad 9, Stokmeisie (verteenwoordig Suid-Afrika by Wêreld spele in Birmingham - Engeland)
  • 2001 - Graad 10, Stokmeisie: "Trio-twirling flag" (Senior Noord-wes kleure)
  • 2002 - Graad 11, Stokmeisie: deelname aan groepe (non-prop, stokgroep), "Trio-twirling flag"
  • 2003 - Graad 12, "Trio-twirling flag" - Noord-wes wenners

OEFEN PROGRAM

Oefening sal by die skool plaasvind op die volgende dae en tye:

  • Maandae: 13:45 - 15:00
  • Woensdae:  13:45 - 15:00

FOTOS

Trompoppies 2013 Kalender

There are currently no entries.



 SKAAK 

SKAAK is 'n strategie spel wat meer as 1500 jaar gelede ontstaan het toe die regeerder van India sy wyse manne gevra het om n spel te ontwerp om die kinders van die koningklike families te leer om beter denkers, generaals op die gevegsfront te wees.Sedertdien het die spel wêreldwyd versprei.

Skaak bied ook u kind die geleentheid om deel te wees van 'n sosoale netwerk wat verskillende ouderdomme, geslagte en rasse bymekaar bring. Dit leer jou kind van sportmanskap, regverdigheid in spel en nie moed op te gee nie.

Klasse sal vanaf Woensdag 23 Januarie 2013 in die mediasentrum aangebied word om 13:30.  

Kontak Guss @ 072 820 7842 & Maryke @ 079 696 2177. 

U kind sal ontwikkel in die volgende aspekte:

  • Fokus
  • Visualiseer
  • Vooruit beplan/dink
  • Weeg opsies;
  • Analisering
  • Abstrakte denke;
  • Beplanning;
  • Verskeie opsies van oorweging;

KARATE

Karate is ’n baie intense sport wat jou kind se hele spierstelsel ontwikkel. Daar’s definitief ongelooflike fisieke ontwikkeling by kinders wat aan karate deelneem. 

Karate verbeter soepelheid en spierkrag oor die hele lyfie, en oefen balans aangesien die liggaam vir ’n aantal sekondes in dieselfde posisie gehou moet word. Dis uitstekend vir voet-oog-koördinasie. Nog voordele is ratsheid en algehele liggaamskoördinasie. 

Karate leer jou kind ook selfbeheersing en kan hom help om beter te fokus en konsentreer. En dit leer jou kind dissipline en maniere! 



Nommerpas vir:

dromers of besige mannetjies wat sukkel om hul aandag op een plek te bepaal.

Pluspunt:

Al ooit gesien hoe oulik lyk jou japsnoet in sy reuse karatepak? 

Wenk:

Verras jou kind met jou karate-terminologie: 

  • ’n Kata is ’n vaste reeks bewegings wat jou kind moet inoefen. 
  • Kumute is om te veg.

Klasse word aangebied by Laerskool Leeudoringstad skoolsaal vanaf 17:30 - 18:30

Kontak vir Wim Grobbelaar @ 072 265 1625 vir verdere navra of epos