Laerskool Leeudoringstad

& Pre-Primêr

Welkom by Laeskool Leeudoringstad en Pre-Premêr se webtuiste

Laerskool Leeudoringstad

Die laerskool is geopen op 21 Januarie 1919 deur Mr. FJC Martins wat as hoof opgetree het met 'n leerlingtal van 40 op die rol.  

Leeutjieland (Gr. R) is die voorskoolse opleiding wat die Pre-Primêre leerders voorberei vir die Laerskool. Altwee skole (Laerskool en Pre-Primêr) vorm ‘n eenheid wat saam fondse insamel, naskoolse geriewe en aktiwiteite bied.  

Ons onderwysers se professionele en moderne benadering tot die oordra van kennis, lewensvaardighede, waardes en norme is van hoë gehalte. Die nuutste CAP metodes word geimlementeer en onderrigmetodes word toegepas in die opvoeding van alle leerders. Die skool bied Afrikaans as huistaal tot Gr. 7 aan.  

Ons gee individuele musiekonderrig in verskeie instrumente en 'n goeie toegeruste biblioteek.

Pallisade Borge:

Die Beheerliggaam van Laerskool Leeudoringstad het vir die afgelope boekjaar verskeie opgraderingsprojekte geloods, die grootste projek was die omheining en veiligmaking van die skool se terrein. Die laerskool het dus die vrymoedigheid om die gemeenskap en besighede te nader vir ondersteuning van die omheiningsprojek. U ondersteuning sal egter nie ongesiens wees nie aangesien 'n naambord van u besigheid op 'n paneel van die pallisade geplaas sal word. Private skenkings sal ook dieselfde paslike erkenning geniet. Daar sal twee keuses uitgeoefen word nl.:

  1. Hoë blootstelling teen R 5000 eenmalig (naambord ingesluit), jaarlikse hernubaar @ R 1000;
  2. Sekondêre blootstelling teen @ R 4000 (naambord ingesluit),  jaarlikse hernubaar @ R 1000;

Naamborde sal deur die skool bestel en geinstaleer word, logos van die maatskappy moet verskaf word.

Kwartaal Kalenders 2015

Jaarprogram Kalender 2015